2008 Hongaarse Grand Prix

Felipe Massa onttrek weens enjinprobleme.

Die 2008 Formule Een Hongaarse Grand Prix is op 3 Augustus 2008 op die Hungaroringrenbaan in Mogyoród, Hongarye gehou.

Dit was die elfde ren van die kampioenskap. McLaren-bestuurder Heikki Kovalainen het die wedren gewen. Dit was die eerste oorwinning van sy loopbaan. Timo Glock het tweede geëindig met Kimi Räikkönen derde. Lewis Hamilton het in die veertigste ronde 'n pap band opgedoen en in die vyfde plek geëindig. Felipe Massa, wat in 60 van die 70 rondtes van die wedren voor gejaag het, het drie rondtes voor die einde met enjinprobleme uitgeval.


Developed by StudentB